Onlangse Plasings
-
Dankie vir ‘n Rock-‘n-Roll 2024!
Wow, wat ‘n jaar was 2024! Dit was ‘n wilde rit vol groot riffs, harde dromme en ongelooflike energie – en ek wil net sê: julle is die beste! Die Johnnie Takbok…


Biografie
Johnnie Takbok is ‘n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat saam met sy orkes optree en opnames maak, en so die Johnnie Takbok Band vorm. Die essensie van hulle musiek lê in die unieke chemie van die groep. Die band bestaan uit hoof kitaarspeler Dean Henning, drommer Francios Jones, bas speler Eulise Jones, en Johnnie Takbok self, wat nie net die liedjies skryf en sing nie, maar ook kitaar en mond fluit speel.
Saam maak die band musiek wat luisteraars op ‘n nostalgiese reis neem. Met Johnnie se lirieke en stories, Francios se momentum, Dean se eksklusiewe styl, en Eulise se diepte, word jy in ‘n buitengewone wêreld ingetrek, wat ‘n plekkie in jou hart en gedagtes soek. Die band se musiek word geïnspireer deur temas van patriotisme, boer, emosie, inspirasie en vermaak.
Hulle genre is hoofsaaklik rock, maar die band verkies om dit Plattelandse Rock te noem, omdat daar geen presiese genre is wat hul klank pas nie. Hulle het die inisiatief geneem om hulle eie sub-genre te skep, omdat hul unieke Afrikaanse klank iets is wat jy tans nêrens anders in jou moedertaal sal hoor nie.
Die band se missie is om hoop en inspirasie aan hul luisteraars te bring, ‘n ware konneksie te bou en terselfdertyd nederig te bly in hul reis.
Musiek
Opkomende Vertonings
Geen Vertonings op die oomblik, ons werk daaraan!